... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die ‘Charlie-Gibbs Fracture Zone’

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 34:18,19 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.

Listen to the radio broadcast of

Die ‘Charlie-Gibbs Fracture Zone’


Download audio file

Het jy al van die Charlie-Gibbs Fracture Zone gehoor? Dit is ‘n stelsel van twee parallelle foutlyne wat ongeveer 2 500 kilometer, van Newfoundland in Kanada tot suidwes van Ierland, deur die Noord-Atlantiese Oseaan loop. Dis ongelooflik.

Ondanks sy massiewe grootte, is dit eers in die laat 1960’s ontdek omdat dit so diep loop. Dis tussen 700 en 4500 meter onder die oseaan. Dit is seismies baie aktief, wat beteken dat daar aardbewings voorkom en dat daar van tyd tot tyd ook lawa uitstoot.

Soveel mense het oop wonde, groot ongeneesde wonde. Innerlike wonde wat so diep loop dat jy dit nie op die oppervlak kan sien nie. Oop, gapende wonde wat hulle van binne pynig. Wonde wat soms wat met pyn en woede uitbars. 

Hierdie diep, pynlike, ongeneesde ‘foutlyne’ beïnvloed die lewens van soveel mense. Hulle harte is stukkend. Hulle gees voel verpletter. Dit is so seer dat hulle nie weet hoe om die pyn te stop nie.

As jy so voel, of dalk iemand ken wat so voel, dan wil ek jou vandag aanmoedig om God se Woord te glo.

Psalm 34:18,19 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.

Wanneer niks help nie, en as dit lyk asof niemand die pyn wat jy voel, kan wegneem nie, roep tot die Here. Hy sal jou hoor. Hy sal jou red. Hoe weet ons dit? Hoe kan ons seker wees?

Omdat God jou nooit in die steek laat nie. Hy kom altyd sy beloftes na. En terwyl jy miskien probeer om hierdie feit te verwerk, luister weer hier en neem sy Woord ter harte:

Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.