... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Dag van die Here is Naby

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Obadja 1:15 “Die dag is naby dat Ek, die Here, met die goddelose nasies sal afreken! Edom, soos jy met ander gemaak het, so sal met jou gedoen word. Jy sal terugbetaal word vir alles wat jy aan ander gedoen het. (NLV)

Die wonderlike blitsverkoper: “The Seven Habits of Highly Effective People” van Stephen Covey, handel oor sakevernuf. Die tweede gewoonte wat hy bespreek, is om te begin met die einddoel voor oë.

Die idee is dat ons moet bepaal wat ons in die lewe wil bereik; ons uiteindelike, gewenste uitkoms. En dan moet ons nóú begin leef, want dit is hoe die dinge aan die einde sal uitwerk.

Begin met die einde in gedagte. Leef vandag jou lewe, om uiteindelik te bereik wat jy wil bereik. Dit is so kragtig, maar eenvoudig. Dis goeie raad. Ek hoop nie jy gee om nie, maar vandag wil ek na die minder aangename deel van daardie beginsel kyk. Ja, ek weet dis nie wat baie van ons graag wil hoor nie, maar dit is net so belangrik. Trouens, selfs baie meer belangrik.

Kyk wat sê die profeet in:

Obadja 1:15Die dag is naby dat Ek, die Here, met die goddelose nasies sal afreken! Edom, soos jy met ander gemaak het, so sal met jou gedoen word. Jy sal terugbetaal word vir alles wat jy aan ander gedoen het. (NLV)

Aan die een kant, verwag ons dat die wêreld regverdig moet wees. Maar ten spyte van ons verwagtinge, is dit nie. En as ons konsekwent wil wees, behoort ons te verstaan dat daar gevolge vir ons dade sal wees. Mense moet verantwoordelik gehou word vir wat hulle doen. Maar aan die ander kant vind baie mense die idee dat God ons optrede uiteindelik gaan oordeel, baie onaanvaarbaar. Wel ek is jammer daaroor, maar dit verander niks aan die saak nie. God is God en die Dag van die Here kom, miskien gouer as wat ons dink.

Die bose dinge wat ons vandag doen, sal terugkom om ons te byt. Ons sal moet boet vir die slegte dinge wat ons vandag doen op dié dag wanneer die verskriklike, ewige oordeel van die Here kom. Nou-ja, wat is die antwoord?

Leef jou lewe hier en nou, met die Einde in gedagte.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.