... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Dam loop Droog

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 7:37,38 ...“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”

Listen to the radio broadcast of

Die Dam loop Droog


Download audio file

Ons hou onsself soms dapper, selfs as dinge aan die binnekant, waar net ons weet hoe ons voel, nie gaan soos dit moet nie. Ons gaan vandag diep onder die oppervlak delf, want ek glo met my hele hart dat God vandag iets vir jou wil sê.

Ek weet nie hoe dikwels dit met jou gebeur nie, maar soms voel ‘n mens so moedeloos en moeg; asof jy niks krag oor het nie, geen energie het nie en geen reserwes het om op te steun nie.

Ons was al almal daar. Wat ons ook al in die lewe doen, of dit nou by die huis is, of by die werk, ons gee en ons gee en ons gee … en bietjie vir bietjie dreineer dit al ons krag.

Al hierdie gee en gee, laat ons so ‘n emosionele en geestelike moegheid en leegheid ervaar, dat selfs ‘n vakansie nie ons batterye herlaai nie. ‘n Gevoel van, “Ek is nie seker dat ek  enige iets meer het, om te gee nie,” en dit, terwyl die wêreld om jou, die mense om jou, meer en meer eis.

Jy is ‘n werkende moeder met moeilike tieners; of ‘n pa wat homself as die “broodwinner” sien, wat homself dag na dag by sy werk afsloof. En jy is net moeg. Jy het genoeg gehad.

Jy word wakker en die dam het pas droog geloop. Daar is net niks meer oor om te gee nie. En tog, glo dit of nie, God verstaan. Hy verstaan, en Hy het die oplossing vir jou. Jesus het dit so gestel:

In Johannes 7:37,38 …“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

Die antwoord is nie om jouself as ‘n swakkeling te sien nie. Die oplossing lê nie daarin om nog harder te werk en jou dam te laat leegloop nie. Die antwoord is Jesus.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge