... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Derde Versoeking

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:8-11 Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

Listen to the radio broadcast of

Die Derde Versoeking


Download audio file

Is daar iets in hierdie wêreld waarna jy smag? Sê my, watter plesier, watter besittings, watter spesifieke ding droom jy oor? Wat wil jy, voor jy die ewigheid beërwe, in jou hande hê? En wat is jy bereid om daarvoor te betaal?

Ja, dit is die natuurlikste ding ter wêreld om hoop en drome te hê, om, soos ons gesê het, plesier te hê en besittings te versamel en boonop nog erkenning en status, respek en mag ook te hê. Dit lyk onmoontlik om die versoeking te weerstaan wanneer daardie dinge ons op so ‘n subtiele, so ‘n verleidelike manier, in hul kloue kry.

Maar hoe meer ons die dinge van hierdie wêreld liefhet, hoe verder dryf ons van God se doel vir ons lewens weg. En kom ons verstaan mekaar baie mooi, dit is óf die een óf die ander, die wêreld se snuisterye, of God se planne. Jy kan nie albei hê nie. Ons lees van die derde keer wat Jesus versoek is in:

Matteus 4: 8-11 Toe neem die duiwel Hom na ‘n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

Satan het Jesus versoek nadat Hy veertig dae lank in die woestyn gevas het en gevolglik uitgehonger, swak, en gehawend was. En weet jy, wanneer jy jou bes vir God doen, maar al wat jy oënskynlik terugkry, is ‘n wêreld vol lyding, dan word die snuisterye en die tierlantyntjies van hierdie wêreld ongelooflik aanloklik. Satan weet dit. Wanneer satan dus op daardie laagtepunt in jou lewe met so ‘n versoeking na jou toe kom, onthou net: …daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.