... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Dieptes van jou Siel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:4,5 In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Dieptes van jou Siel


Download audio file

Ons is baie lief daarvoor om die skuld op iemand anders te pak, wanneer dinge in ons lewens verkeerd loop. Dit is almal se skuld, miskien selfs God s’n, beslis nie myne nie!

Weet jy, miskien lag ons daaroor, maar dis net omdat ons weet dat dit waar is. Net omdat ons al keer op keer ander mense vir ons flaters blameer het. Wanneer ons in die koue, harde lig van die dag na ons omstandighede kyk en die probleme objektief ondersoek, sal ons dikwels moet aflei dat ons self, ten minste gedeeltelik, daartoe bygedra het. 

Maar ons doen dit nie. Ons verkies om nie skuld te erken nie. Ons blameer die res van die wêreld eerder as om verantwoordelikheid vir ons eie dade te aanvaar. En hoe meer ons dit doen, hoe meer ons in die duisternis leef, hoe meer word ons ‘n slagoffer, eerder as ‘n oorwinnaar. Maar sodra ons Jesus in die prentjie inbring, verander dinge:

Johannes 1: 4 en 5 In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

As ons blind is vir ons eie foute, het ons iemand nodig om lig in daardie donker plek te laat skyn. Ons moet ons probleme eerlik identifiseer, net soos dit is. Jesus het nie gekom om net daar buite in die duisternis ‘n lig te skyn nie. Sy hoofdoel was om sy lig in die donkerste dieptes van óns siele te skyn. Om ons lewe te gee, sy lewe, in oorvloed. 

Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag.