... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Dood is ‘n Gelykmaker

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 9:27,28 'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.

Alle mense sal eendag doodgaan. Daar bestaan geen twyfel daaroor nie. Ek weet dit is ‘n redelike morbiede manier om dinge vandag af te skop, maar dit is waar. Die dood is ons voorland – ons almal s’n.

Noudat ek in my sestigs is, voel ek nog sterk en gesond, maar ek dink tog meer aan die einde van my lewe, as wat ek in my dertigs of selfs veertigs gedink het. Dit is net natuurlik. Want in:

Hebreërs 9: 27,28 staan: ‘n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.

Ja, almal moet een of ander tyd sterf. Maar let op wat volgende gebeur: daarna kom die oordeel. Nou weet ek nie waar jy staan in terme van jou geloof nie, maar dit geld vir alle mense. Ons sal almal geoordeel word. Dit is, of behoort ten minste ‘n ontnugterende gedagte te wees, want die uitkoms van hierdie oordeel sal die verskil maak van waar ons ons ewigheid deurbring. Dit sal letterlik die verskil tussen hemel en hel wees en vir ewig duur.

Maar Jesus het gekom as ‘n offer vir jou, om die prys vir jou sonde te betaal en die las van jou sondes weg te neem. En as jy inderdaad op Hom wag, kom Hy eendag om jou te haal.

Wag jy vir Hom? Leef jy jou lewe asof Hy jou kom haal? Want die waarheid is dat jy eendag sal sterf en dan geoordeel word.

Leef vandag jou lewe vir Jesus. Omdat die ‘eendag’ vroeër kan kom, as wat jy dink.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.