... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Dwaasheid van Koppigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium1:43-46 Ek het dit vir julle gesê, maar julle het nie geluister nie en in opstand gekom teen die opdrag van die Here. Julle was moedswillig en het na die Bergwêreld toe getrek, maar die Amoriete wat in daardie gebied woon, het teen julle opgeruk en julle verjaag soos 'n swerm bye dit sou doen en julle van Seïr af tot by Gorma uitmekaar gejaag. Toe het dit julle berou dat julle dit gedoen het en julle het julle nood by die Here kom kla, maar Hy het nie na julle geluister nie en Hom nie aan julle gesteur nie. So het dit gekom dat julle so lank by Kades gebly het.”

Listen to the radio broadcast of

Die Dwaasheid van Koppigheid


Download audio file

Wanneer laas het jy iemand raakgeloop wat hardnekkig geweier het om na rede te luister? Iemand wat soos ‘n steeks donkie geweier het om toe te gee; al was dit, oënskynlik, vir almal duidelik dat hy in die verkeerde rigting op pad is? En hoe het jy gevoel?

Dis nie ‘n grap om saam met hardkoppige mense te wees nie – maar as ons eerlik is, is ons almal van tyd tot tyd koppig. Iets ontwrig ons en ons steek viervoet vas. Ons wil van niemand iets weet nie. Soms sonder ons onsself in ‘n onversetlike posisie af en isoleer onsself van almal – selfs van God.

Nou ja, as ons miskien stop en daaroor nadink, sal ons sien hoe dom dit is. Maar wanneer ons ontsteld voel, ploeter ons hardkoppig voort. En sê my, hoe het dit in die verlede vir jou gewerk?

Hier is Moses wat met die volk Israel praat toe hulle besonder hardkoppig was:

Deuteronomium 1:43-46  “Ek het dit vir julle gesê, maar julle het nie geluister nie en in opstand gekom teen die opdrag van die Here. Julle was moedswillig en het na die Bergwêreld toe getrek, maar die Amoriete wat in daardie gebied woon, het teen julle opgeruk en julle verjaag soos ‘n swerm bye dit sou doen en julle van Seïr af tot by Gorma uitmekaar gejaag. Toe het dit julle berou dat julle dit gedoen het en julle het julle nood by die Here kom kla, maar Hy het nie na julle geluister nie en Hom nie aan julle gesteur nie. So het dit gekom dat julle so lank by Kades gebly het.”

Hulle het hardnekkig geweier om die Here se bevel te gehoorsaam. Hulle het hulle eie koppe gevolg en teen die Amoriete opgetrek en ‘n verpletterende neerlaag gely. Sou jy dink dit is ‘n slim ding om te doen? Dis mos simpel en hardkoppig!

Onthou: Wanneer ons teen God in opstand kom, moet ons nie verwag dat Hy ons sal help wanneer alles verkeerd loop nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.