... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Een en Enigste

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 4:12 “Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”

Listen to the radio broadcast of

Die Een en Enigste


Download audio file

Hoekom is dit, dat Christene en die Christendom soos die tyd aanstap, al hoe meer verafsku word? Al hoe meer op die kantlyn geskuif word? Al hoe meer aanstootlik vir die hedendaagse mens se denkwyse word? Hoekom is dit so?

Toe ek ‘n seun was, het die meeste mense kerk toe gegaan. Ek weet dit is beslis nie waar in alle lande nie, maar dit was in myne. Die meeste mense het geglo dat die tien gebooie ‘n goeie basis is, nie slegs vir die wette van ons land nie, maar vir die lewe oor die algemeen.

Maar deesdae, soos die samelewing meer kundig en vernaam geword het en namate persoonlike vryhede vir mense belangriker word, word die Christelike siening gemarginaliseer, selfs ontoeganklik gemaak. In baie lande, insluitend my eie, word dit al hoe moeiliker om openlik oor die dinge van God te praat. Dit word deesdae as aanstootlik beskou.

Maar hier is die ding wat vir baie mense ‘n groot struikelblok is:

Handelinge 4:12 “Hý (Jesus) bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”

Glo jy dit? Ek glo dit beslis. Met my hele hart glo ek dat Jesus die enigste weg na die Vader is; want as jy in Hom glo, weet jy dat sy bloedoffer aan die Kruis vir my en vir jou sondes betaal het.

Daardie aanspraak van “eksklusiwiteit” is geweldig aanstootlik vir mense se hedendaagse denkwyse. Hulle is baie meer gefokus op gevoelens en individuele vryheid, as op objektiewe waarheid.

Maar die waarheid is dat Jesus die enigste weg is. Moenie toelaat dat die samelewing se besware en vervolgings, al is dit vieslik en kwetsend, daardie waarheid in jou hart afwater nie.

Jesus is die enigste weg.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.