... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Eerste Versoeking

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:1-4 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.

Listen to the radio broadcast of

Die Eerste Versoeking


Download audio file

Jou vyand, die duiwel, het ‘n aantal baie nare gewoontes. Bo-aan sy lysie is sy gewoonte om jou te skop wanneer jy lê. Ja, hy wag totdat jy op ‘n laagte punt is en dan verlei hy jou met ‘n belofte van ‘n wondermiddel vir onmiddellike verligting van jou lyding.

Lyding is nie iets wat enigeen van ons vir onsself toewens nie. Nietemin kom dit van tyd tot tyd oor ons pad. Die grootste lyding van my lewe het amper drie dekades gelede, te midde van ‘n verskriklike verraad, gebeur. Dit het my byna vernietig.

Maar ek het later ingesien dat dit die grootste geleentheid was wat God my ooit kon gee. Dis waarom Jesus se versoeking te midde van sy lyding, my vandag steeds nog diep aangryp.

Matteus 4:1-4 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.

Wanneer jy ly, verlei die duiwel jou deur sy oplossing, om jou lyding in jou eie krag te beëindig, onder jou neus te swaai. Jesus kon, toe Hy swak en uitgehonger was, maklik daardie klippe in brood verander het.

Maar Hy het verkies om op God te vertrou en om op sy Woord te staan. Lyding maak nooit sin wanneer ons daar deurgaan nie, maar dit is dalk die grootste geleentheid van ons lewe: Om op God te vertrou. Om Sy getrouheid eerstehands te ervaar. Moenie dit misloop deur voor die versoeking te swig nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.