... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Eeu van die Eie-Ek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 3:1-4 Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God.

Listen to the radio broadcast of

Die Eeu van die Eie-Ek


Download audio file

Dit lyk asof die gedrag van mense al hoe boser word. Menseregte word deesdae deur baie regerings gebruik om dwarsoor die wêreld aborsies tot met geboorte te wettig. Kan jy dit glo? Dit lyk asof die bose se aanslag absoluut onverbiddelik is.

Staan net vir ‘n oomblik stil en dink daaroor na. Om die liggaam van ‘n lewende kind stukkend te sny en te vernietig, word in baie dele van die wêreld as wettig beskou; bloot omdat die kind in die baarmoeder van sy moeder is. Dit is miskien nog nie die geval waar jy woon nie, maar wag en kyk, dit is aan’t kom.

En aborsie is nie die enigste probleem nie. En of ons nou daarvan hou of nie, en of dit teen ons grein gaan of nie, is daar soveel ander euwels wat die norm geword het. Waarom laat God toe dat hierdie dinge gebeur? Maar snaaks genoeg, is dit vir Hom geen verrassing nie. Daar staan in:

2 Timoteus 3: 1-4 Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God.

Waarom gebeur hierdie dinge? Omdat ons op soveel verskillende maniere (ja, kyk net na die lys) uit ons lewens wys dat ons liefhebbers van onsself, eerder as liefhebbers van God geword het. Ons leef in die era van die belangrikheid van die eie-ek en hierdie selfsug is die rede vir hierdie onverbiddelike aanslag van die bose.

Ja, ja ek weet, ek en jy kan nie die res van die wêreld verander nie. Ons kan nie op ons eie aborsie, of die slawehandel, of die ander gruweldade stop nie. Maar ons kan seker maak dat ons nie deel daarvan is nie. Ons kan ook seker maak dat ons nie een van die mense is wat die ellende veroorsaak nie.

Hoe? Deur ‘n liefhebber van God te wees en nie ‘n liefhebber van self nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.