... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Fontein Wat Nooit Opdroog Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 58:11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Het jy al ooit gebid: “Here, help my asseblief uit hierdie gemors uit” … en al wat jy kry is … doodse stilte? Niks. Goed, wat nou? “Wat is aan die gang, Here?”

Ons het almal gereelde voeding nodig. Ons kan vir ‘n kort tydjie sonder vloeistowwe oorleef, maar na ‘n ruk sal ons organe ophou funksioneer en binne ‘n paar dae sal ons vergaan. Ons kan baie langer sonder kos klaarkom, maar uiteindelik is die uitkoms dieselfde.

En weet jy, daardie waarheid is nog erger, as jy in ‘n geestelike woestyn is, op daardie plek wat die Bybel ‘n “dorsland” noem. Wanneer alles rondom jou droog en dor is, as daar nêrens ‘n stukkie kos of water is om jou te versterk nie … dan is die vraag: waar kry jy voeding vandaan? Hier is die antwoord in:

Jesaja 58:11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Ons dink graag dat as ons in God glo, Hy sommer dadelik ‘n towerstaf sal swaai en ons uit daardie droë plek red. Ja, soms doen Hy dit, maar dit gebeur nie sommer elke dag nie. O nee, Hy doen iets baie beter.

Hy gebruik daardie geleentheid om ons deur daardie dorsland te lei. Hy is by ons en as ons net ons hand na Hom wil uitsteek, sal ons ontdek dat Hy in al ons behoeftes sal voorsien. Hy sal ons lam bene sterk maak. Hy sal strome uit die droë grond laat opkom … strome wat nooit opdroog nie, omdat die Gees van God nooit opdroog nie.

Hoe wonderlik is dit om te weet dat God ons te midde van die moeilikste omstandighede kan lei en versterk, dat Hy sy seën oor ons kan uitstort.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy