... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Gawe van Selfvertroue

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 5:6-8 Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie,want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon. 

Listen to the radio broadcast of

Die Gawe van Selfvertroue


Download audio file

Hulle sê dat die wêreld avonturiers nodig het. En dis waar. Ons het mense nodig wat berge klim, oor oseane vaar, die ruimte verken en dinge doen wat ons wildste drome oortref. Die probleem is dat die meeste van ons nie avonturiers is nie.

Laat ons eerlik wees, ons hou daarvan dat die lewe gemaklik en voorspelbaar is. Ja, dit is nie te erg om onsself so af en toe in te span nie. Soms pla ‘n bietjie opwinding ons nie te erg nie, maar dis tog verkieslik dat dit op die televisieskerm, eerder as in die werklike lewe, met ons gebeur!

Ons Christene hou daarvan om die teks aan te haal dat ons deur geloof wandel en nie deur dit wat ons sien nie. Nou ja … dit geld totdat ons nie kan sien wat volgende kom nie. Tot dinge ‘n bietjie te opwindend raak. Tot die lewe ons angstig maak. Dan smag ons na veiligheid en sekuriteit. Die apostel Paulus en volgelinge is vervolg, geslaan, uit die stad gejaag, hulle het skipbreuk gely … En tog het hy die volgende uit daardie verskriklike situasies van lyding geskryf in:

2 Korintiërs 5:6-8 Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon.

Die kern van hierdie versies vir my is: altyd vol moed.

Ons is altyd vol moed en vol vertroue, selfs as dit moeilik gaan, selfs as God ‘n miljoen kilometer ver weg voel, selfs wanneer … want ons lewe deur geloof, nie deur dit wat ons sien nie.

Ja, ek weet. Ons gaan baie uitdagende situasies beleef. En dit is in daardie tyd van beproewing wat ek en jy deur geloof op Jesus sal moet vertrou, want ons kan eenvoudig nie sien wat volgende kom nie. Dit is ‘n les wat ons alleenlik gedurende daardie moeilike tye kan leer. Maar weet jy, God gee vir ons, terwyl ons dit leer, ‘n geskenk wat kosbaarder is as goud,

Moed en vertroue.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.