... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Geskenk van Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 6:23 at die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Listen to the radio broadcast of

Die Geskenk van Lewe


Download audio file

Dit is snaaks hoe maklik dit is om te praat oor “die genade van God.” Christene sê dit die hele tyd. Maar hoe dikwels dink ons regtig aan wat dit eintlik beteken? Die genade van God … Ek dink nogal dat om ‘n orgaanskenker te word, een van die mees voor die hand liggende dinge is, wat ‘n mens kan doen. Ek bedoel, as ek môre in ‘n motorongeluk omkom, waarom kan iemand anders nie die geskenk van die lewe deur my niere of lewer of hart hê nie? Ek het hulle beslis nie meer nodig nie. Vir my is dit ‘n vanselfsprekende ding om ‘n orgaanskenker te wees. Maar weet jy, ek het groot bewondering, vir diegene wat ‘n nier aan ‘n vriend of familielid skenk, terwyl hulle nog lewe. Dit klink oukei genoeg om jou organe weg te gee as jy dit nie meer nodig het nie, maar terwyl jy nog leef, is dit regtig ‘n groot geskenk – ‘n groot offer. Kom ons neem dit een stap verder. Stel jou voor dat jy nie net ‘n ekstra orgaan skenk nie, maar jou hele lewe vir iemand anders gee. Dit is onbegryplik. Dis waarom ek nie maklik kon verstaan, wat Jesus aan daardie kruis vir my gedoen het nie. Die Seun van God is wreed aan ‘n kruis vasgespyker; Hy het daar gely; gehyg na asem; en toe pynlik gesterf om te betaal vir al my dom foute … daar is net geen woorde om te beskryf hoe ek voel nie. ‘n Geskenk van lewe? Dié gawe van die lewe. Ewige lewe. In Romeine 6:23 sien ons: Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. Dis die genade van God in Jesus Christus. En weet jy, dit het Hom alles gekos. Alles; om die ewige lewe vir ons te gee – alles – vir jou en vir my. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge