... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Goedkoop Namaaksel van Kersfees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 4:3,4 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met 'n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.

Vandag sal kinders dwarsoor die wêreld ‘n glas melk en ‘n paar koekies vir Kersvader regsit, met die hoop dat hy oornag geskenke onder die boom sal neersit.

Ag tog! Dit is miskien pret, maar jy kan jou nie ‘n tradisie voorstel wat (a) orals oor die hele wêreld voorkom en (b) verder van die waarheid verwyder is as dit waaroor kersviering werklik gaan nie.

Ons doen die vreemdste dinge, ons mense. Ons neem die wonderlikste geskenk van God aan die hele mensdom; sy Seun wat ons van ons sondes kom red, en ons verander dit in ‘n goedkoop namaaksel; ‘n viering wat vir baie gesinne ‘n groter las as ‘n viering is.

Ons verruil diamante vir klippe. Ons ignoreer die wonderlike erns van Kersfees. Waarom doen ons dit keer op keer?

2 Korintiërs 4: 3,4 As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met ‘n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.

Die rede waarom die samelewing die wonderlike waarheid van Kersfees afgewater en verdraai het, is omdat hulle nie die lig gesien het nie; omdat hulle Jesus nie ken nie; omdat die idee dat Hy is, wie Hy sê Hy is, te konfronterend is. 

Dit is die rede waarom Kersfees gaan oor versiersels en bome, flikkerligte en Vader Kersfees, in plaas van Christus self. Is daar werklik iets verkeerd hiermee? Waarskynlik nie, maar as dít is wat Kersfees vir ons beteken, dan het ons die bal heeltemal misgeslaan.

Kersfees gaan alles oor Jesus, wat vir jou na hierdie aarde gestuur is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.