... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Haat vir Sonde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 97:10-12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars. Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.

Ons Christene is tog so lief om clichés te gebruik as dit by ander mense kom. As dit nog boonop by daardie sondaars daar buite kom, sê ons so maklik “haat die sonde, maar wees lief vir die sondaar.”

Clichés het almal een ding in gemeen. Hulle word baie makliker gesê, as gedaan. In hierdie dae van konflik en twis, gebeur dit so maklik dat dié van ons wat sê ons glo in Jesus, in die strik trap om nie net die sonde nie, maar ook die sondaar, te haat. En so sal ons selfs God se Woord in hierdie verband verkeerd interpreteer:

Psalm 97:10 tot 12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars. Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.

Wanneer ons die woorde van die psalmis in konteks lees, sien ons dat ons die kwaad in ons eie lewens moet haat; dat ons dit moet vermy en dit as lewenswyse verwerp, want oor regverdiges skyn daar lig en daar is blydskap vir hulle wat opreg is.(NLV)

As ons maar net God se Woord op onsself sou toepas; as ons net ons eie sonde soveel sou haat, as wat ons ander s’n haat!

Charles Spurgeon het dit so gestel: As ons diegene haat wat sondig, of met minagting van hulle praat, of hulle teëspoed toewens, of hulle te nakom, is dit nie in gehoorsaamheid met die Gees van Christus nie. Jy kan nie Satan deur Satan uitdryf nie, ook nie sonde deur geweld regstel nie, en ook nie haat deur haat oorwin nie. Liefde is die oorwinnende wapen van die Christen.

Absoluut waar. Maar wat van daardie sondaars daar buite wat ons skade wil aandoen?

Hy red hulle uit die greep van die goddelose

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy