... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Heel Belangrikste Les

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 6:7,8 Hy het die twaalf nader geroep en begin om hulle twee-twee uit te stuur. Hy het vir hulle gesag oor die onrein geeste gegee. Ook het Hy hulle beveel om niks vir die pad saam te neem nie, behalwe net 'n wandelstok – nie brood of 'n reissak of geld in die gordel nie. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Die Heel Belangrikste Les


Download audio file

Ek het al gehoor hoe mense sê dat: “God nooit vir jou vra om iets te doen wat bo jou vuurmaak plek is nie.” Hm, ek weet nie op watter planeet hulle woon nie, want God vra my byna altyd om dinge te doen wat my uitdaag om buite my gemaksone te beweeg.

Verbeel jou vir ‘n oomblik dat jy Jesus is. Jy besluit om jou dissipels op ‘n korttermyn uitreiking te stuur; om dít wat hulle geleer het, in praktyk te gaan doen. Dit klink goed. Nou moet jy met die reis beplanning begin …

Reg so, wat moet ek organiseer? Hulle reisplan, akkommodasie, vervoer, en ja, hulle sal natuurlik geld nodig hê. Ek bedoel, ek kan hulle nie met leë hande uitstuur nie.

Maar kyk hoe Jesus dit gedoen het in:

Markus 6:7,8  Hy het die twaalf nader geroep en begin om hulle twee-twee uit te stuur. Hy het vir hulle gesag oor die onrein geeste gegee.  Ook het Hy hulle beveel om niks vir die pad saam te neem nie, behalwe net ‘n wandelstok – nie brood of ‘n reissak of geld in die gordel nie. (AFR20)

Regtig? Hoekom sou ‘n mens dit doen? Dis eenvoudig. Omdat die belangrikste ding wat daardie dissipels moes leer, was nie dat hulle die mag gehad het om demone uit te dryf nie. Nee, die belangrikste ding wat hulle moes leer, was om op Jesus te vertrou. Die belangrikste ding wat hulle moes leer, was dat, wanneer God jou ‘n opdrag gee, Hy jou ook die middele gee om dit uit te voer.

Soms dink ons aan God as ‘n soort bestuurder van ‘n groot besigheid, ‘n strategiese beplanner, ‘n uitvoerende hoof en ‘n raadgewende ghoeroe, alles in een. Maar dan slaan jy die bal heeltemal mis en verkeer jy beslis onder ‘n wanindruk van wie Jesus is.

Sy weë is nie ons weë nie. Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.

Ja, Hy betrek ons by sy planne. Ja, daardie dissipels moes ongetwyfeld onderweg verstandige keuses maak. Maar die belangrikste ding wat hulle moes leer, was om op Jesus te vertrou.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge