... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Hel is Steeds Warm

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 6:16-19 So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Maar hulle het gesê: “Ons sal nie daardie pad loop nie.” Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê: Luister na die ramshoring! Maar hulle het geantwoord: “Ons sal nie luister nie.” Daarom moet julle luister, nasies, en kyk wat met hulle gaan gebeur. luister, aarde! Ek bring onheil oor hierdie volk, hulle sal die vrugte pluk van hulle planne, want hulle het hulle nie aan my woorde gesteur nie, hulle het verwerp wat Ek hulle geleer het.

Listen to the radio broadcast of

Die Hel is Steeds Warm


Download audio file

Mense hou nie daarvan om te dink aan die konsep van ‘n ‘Hel’ nie. Oukei. Die probleem is egter dat die Hel glad nie ‘n konsep is nie. Dit is ‘n plek, ‘n vreesaanjaende plek, ‘n afskuwelike plek. Hier gaan baie, nee, die meeste mense, die ewigheid, geskei van God, deurbring,

Ek weet, ek weet, dit klink of ek oorboord gaan, nie waar nie? Maar weet jy, dis die waarheid. Daar is die afgelope tyd ‘n oproep op sosiale media wat so lui:

Ons het predikers nodig wat sal preek dat die hel nog warm is, dat die hemel regtig bestaan, dat sonde steeds verkeerd is, dat die Bybel God se Woord is en dat Jesus die enigste weg tot redding is.

Ek weet nie hoe jou saak met die Here staan nie. Miskien het jy nog nooit aan jou ewigheid gedink nie. Miskien het jy in Jesus geglo, maar toe net op dieselfde manier voortgeleef asof niks ooit gebeur het nie. Of miskien glo jy met jou hele hart, maar sommige dae trek ‘n versoeking jou na die ander kant toe. As jy dus nog nooit jou ewigheid oorweeg het nie, kyk wat staan in:

Jeremia 6: 16-19 So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Maar hulle het gesê: “Ons sal nie daardie pad loop nie.” Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê: Luister na die ramshoring! Maar hulle het geantwoord: “Ons sal nie luister nie.” Daarom moet julle luister, nasies, en kyk wat met hulle gaan gebeur, luister, aarde! Ek bring onheil oor hierdie volk, hulle sal die vrugte pluk van hulle planne, want hulle het hulle nie aan my woorde gesteur nie, hulle het verwerp wat Ek hulle geleer het.

God sal uiteindelik geduld verloor, soos Hy met Israel gedoen het. Wanneer jy by ‘n kruispad te staan kom en jy moet besluit watter pad om te kies, onthou: 

Die hel is nog steeds warm, die hemel bestaan regtig, sonde is steeds verkeerd, die Bybel is God se Woord en Jesus is die enigste weg tot redding.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.