... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Here Sal Jou Beskerm

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 3:25,26 Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Here Sal Jou Beskerm


Download audio file

Ons benader nie altyd dinge op dieselfde manier nie. Daar is verskillende grade van intensiteit waarmee ons dit benader.

Kom ons dink byvoorbeeld aan jou werk. Sommige dae kan dit voel asof jy jouself hart en siel daarin gooi; asof jy baie gedaan kry en baie bereik … en baie bevrediging uit die resultaat put. Ander dae is daar iets anders wat jou gedagtes aflei. . .

Ja, ons verstaan dat daar met alles in die lewe, wisselende vlakke van betrokkenheid is. Wat van jou verhouding met God? Wat is jou vlak van toewyding? Hoe belangrik is Hy vir jou?

Ek glo in Jesus. Nou ja, dis mooi… maar hoe glo jy? Hoe lyk jou geloof presies as ‘n storm losbrand? Glo jy met ‘n intellektuele, serebrale soort geloof? As dit so is, gaan dit tydens ‘n storm redelik nutteloos wees, glo my. Of het jy genoeg geloof om te glo dat Hy te midde van die storm by jou sal wees? Miskien.

Maar God wil nie hê dat jy slegs na Hom gryp as dinge verkeerd loop nie. Nee, daar is ‘n ander vlak van geloof wat God vir jou begeer. Hy wil hê dat jou geloof nie bepaal moet word deur jou omstandighede nie, want Hy wil jou ook beskerm sodat jy nie in die storm beland nie. Kyk wat sê:

Spreuke 3: 25,26 Moenie bang wees dat ‘n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in ‘n strik beland nie.

Met ander woorde, wees dapper wanneer ‘n storm jou bedreig, want God is nie net by jou nie, Hy is daar om ‘n kragtige verskil aan die situasie te maak.

…want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in ‘n strik beland nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.