... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Kar Voor die Perde Inspan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 2:16,17 Toe die skrifkenners onder die Fariseërs sien dat Hy saam met die sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gevra: “Waarom eet hy saam met die tollenaars en sondaars?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Die Kar Voor die Perde Inspan


Download audio file

As ons eerlik is, sal ons graag wil hê dat Jesus ‘n aangename, gemaklike, simpatieke Verlosser moet wees; een wat ons sal aanmoedig om te wees wie ons graag wil wees en om te lewe soos ons graag wil. Die probleem is dat Jesus nie so is nie!

Ek wonder of ons Christene nie sekere dinge agterstevoor doen nie. Jy weet, om die wa voor die perde in te span nie?

Ons “gaan kerk-toe” soos ons nog altyd kerk-toe gegaan het. Hoekom?

Slegs omdat dit is, wat ons nog altyd gedoen het. En dan dink ons dat ons “kerk-toe-ganery” al is wat van ons gevra word; dit is mos ons “roeping”? En hierdie “roeping” bepaal ook die manier waarop ons Jesus sien … uit ons mooi, netjiese kerkbanke, netjies in rye agtermekaar…

Dink jy is ek onredelik? Dink jy werklik dat Jesus vir ons, in die gemak van ‘n gekussingde kerkbank, heeltemal anders behandel, as wat hy byvoorbeeld dwelmverslaafdes behandel?

Ek kom self uit ‘n gemaklike middelklas-agtergrond en ek was geskok toe ek die eerste keer in die Bybel van Jesus gelees het. Hy was nie soos ek verwag het Hy sou wees nie. Ek het verwag dat Hy baie soos ek sou wees, maar ek het ontdek Hy iemand was wat die wêreld omgekeer het. Hy het nie gekom om almal gemaklik oor hulself te laat voel nie. Hy het melaatses genees, saam met prostitute gekuier en die geveinsdheid van die godsdienstiges ontbloot. Ons lees in:

Markus 2:16,17 Toe die skrifkenners onder die Fariseërs sien dat Hy saam met die sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gevra: “Waarom eet hy saam met die tollenaars en sondaars?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het nie ‘n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (AFR20)

Hoe sou die kerk gelyk het, as ons almal Jesus se voorbeeld gevolg het?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge