... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Kat kom Weer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 15:24 Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

Listen to the radio broadcast of

Die Kat kom Weer


Download audio file

Hoe naby, hoe intiem, hoe werklik is jou verhouding met God? En as jy in jou hart weet dat dit nie is, wat dit moet wees nie, wat gaan jy daaraan doen?

 ‘n Rukkie gelede het die ondenkbare gebeur, ons gesin se kat het verdwyn. Ons was platgeslaan. Sy was deel van ons gesin.

Daar het vier lang dae verloop … toe het sy skielik weer opgedaag. Ek was ek in die wolke. My hart wou ontplof. Oor ‘n kat, my liewe aarde, kan jy dit glo . . .

Dink net aan hoe God voel as ons weer na Hom toe terugkom. Stel jou voor wat in sy hart gebeur as een van ons tuiskom.

Ek het jare lank gevrees dat wanneer ek na God teruggaan, ek in ernstige moeilikheid sou wees! Diep in my binneste het ek geweet dat God my leefstyl ernstig sou afkeur.

Jesus het ‘n hele verhaal daaroor vertel … die verhaal van die verlore seun. Vir my lê die trefkrag van die gelykenis in die pa se reaksie op die seun wat teruggekom het. Kyk wat sê hy in:

Lukas 15:24 Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

Hierdie seun het sy pa se geld gemors, by prostitute geslaap … en toe hy terugkom, het die pa ‘n partytjie gehou!

Maar weet jy; dit is die liefde van ons Vader. Al die jare toe ek te bang was om terug te gaan, het Hy daarna gesmag dat ek na Hom sal terugkeer.

Dit maak nie saak waar jy nou op jou geloofspad is nie: miskien het jy nog nooit tevore na Hom gegaan nie; miskien het jy vervreemd geraak of afgedwaal van Hom af, of miskien is jy een wat net uit gewoonte bid … moenie nog een dag wag nie.

Hy smag na jou.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge