... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Kommunikasie Gaping

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Kronieke 15:2 Hy (Asarja) het Asa tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en alle manne van Juda en Benjamin: As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

Listen to the radio broadcast of

Die Kommunikasie Gaping


Download audio file

Sê my, op ‘n skaal van 0 tot 10, hoe naby voel jy op hierdie oomblik aan God? Nul is ‘n baie ver weg … en tien is ‘n hegte, intieme en opregte verhouding met Jesus. Komaan, wat sê jy – hoe naby voel jy op hierdie oomblik aan God?

Het jy opgelet dat soos die tegnologie ontwikkel, ons met soveel meer mense kommunikeer as ooit tevore? Eers was dit die posdiens – onthou jy nog briewe? Toe kom telefone, fakse, e-pos en slimfone. Deesdae is sosiale media net die ding – Facebook, Instagram, YouTube en ‘n hele spul ander. Wie weet wat kom volgende?

Maar jy stem seker saam, dat met al hierdie moderne hulpmiddels wat ons nou het, ons net besiger en besiger raak. Al hierdie opsies veroorsaak dat ons ons lewens oorlaai met allerhande goed.

En die hartseer paradoks van dit alles is, dat hoe meer die tegnologie ontwikkel, hoe meer oppervlakkig raak ons kommunikasie ​​met ander mense. Onthou jy die gesprekke rondom die kampvuur toe jy nog ‘n kind was? Toe ons vir ure net kon sit en gesels?

Maar dink daaraan – as dit is hoe ons menseverhoudinge vervlak het, is dit ook waar van ons verhouding met God? Op die een of ander manier het ons net weggedryf. Kom ons kyk wat Asarja vir die koning gesê het in:

2 Kronieke 15:2 Hy het Asa tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en alle manne van Juda en Benjamin: As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

Luister ‘n bietjie hier –  as dit voel asof God myle ver is, moet jy tyd maak om by Hom te wees, want Hy is by jou, as jy by Hom is … Maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou verlaat.

Maar moenie moedeloos wees as jy weggedryf het nie, want as jy na Hom soek, sal jy Hom vind.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge