... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag om Jou Siel te Red

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:21 Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red.

Listen to the radio broadcast of

Die Krag om Jou Siel te Red


Download audio file

Sommige van die dinge wat God sê, is nie lekker om te hoor nie en dit gee maklik aanstoot. Hoe reageer jy wanneer jy een van daardie moeilike gedeeltes in die Bybel raakloop?

As God ons net sou toelaat om op ons eie, vrolike manier aan te gaan, ons grille en begeertes te bevredig en, indien nodig, inspring om ons uit ons moeilikheid te help! As ons eerlik sou wees, is dit dikwels hoe ons dink. Miskien nie hardop nie, maar beslis diep binne-in ons harte. En dan lees ons ‘n gedeelte soos hierdie in:

Jakobus 1:21 Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red.

Hy draai beslis nie doekies om nie. Hy praat van morele vieslikheid en perversiteit. Ons het almal ‘n donker, sondige natuur wat binne-in weggesteek is. En nou en dan, as ons onder druk geplaas word, steek dit kop uit en ons wonder: waar kom dít vandaan?

Miskien ervaar jy dat dit keer op keer gebeur, amper asof jy geen beheer daaroor het nie. God sê vir my om al die vieslikheid en perversiteit te stop, maar hoe? Wel, die antwoord kom in die tweede deel van die vers: ek moet ootmoedig die woord aanneem wat God in my geplant het, want dié woord kan my red. 

‘n Kragtige, transformerende, lewensveranderende transaksie vind plaas wanneer ons die Woord van God met ‘n oop, nederige hart ontvang. Het jy dit gesnap? Dit red ons siele. Dit maak ons vry. Dit herstel ons na die beeld van God waarna ons geskape is. Die moeilike, ongemaklike, selfs die gedeeltes van die Skrif wat aanstoot gee, is deur God daargestel om jou siel te red. Ontvang dit nederig en gehoorsaam.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.