... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag van Gebed

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

Listen to the radio broadcast of

Die Krag van Gebed


Download audio file

Een van die groot vrae waarmee ons dikwels stoei is: waarvoor kan jy alles vir God vra? Enigiets, of is daar dinge wat jy nie behoort te vra nie? Sê my, waarvoor kan jy God vra?

Baie van die dinge wat Jesus gesê het, toe Hy op aarde was, het mense geskok en soms beledig. Dit was wat op die ou end tot Sy kruisiging gelei het.

En een van die buitengewone stellings wat Hy gemaak het, het die godsdienstige leiers se hare laat rys; Hy het gesê in:

Johannes 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.     

Dit het die Pandora-kis behoorlik oopgemaak! Vra vir net wat jy wil hê, en jy sal dit kry?

Enigiets?! Hoe kan Hy so ‘n belofte maak? Dis eenvoudig. Sy belofte begin met ‘n voorwaarde:  As jy in My bly, en my woorde in jou.

Daardie woord ‘bly‘ is ‘n sterk woord. Volgens die woordeboek beteken, dit om te berus in, aan te hou, te verduur, vas te staan, nooit te vertrek nie. As ons dus hierdie verregaande belofte lees, en die voorwaarde verstaan – dat ons in Christus, en sy Woord in ons, moet bly – dan kan ons baie duidelik sien hoe hierdie belofte werk.

Want wanneer Jesus die Here van jou lewe word, dan verander die begeertes van jou hart heeltemal. Met die gevolg dat dít waarvoor jy vra, volgens sy wil is. Want as jy met jou mond bely en met jou hart glo dat Jesus jou Here is… is dit nie meer jou wil nie, maar syne.

Bly jy in Hom? Bly Sy Woord werklik in jou? Vra dan net wat jy wil en dit sal vir jou gedoen word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge