... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag van Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 5:28-34 want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is. Jesus het onmiddellik agtergekom dat krag uit Hom uitgegaan het. Hy het in die skare omgedraai en gevra: “Wie het aan my bokleed geraak?” Maar sy dissipels het vir Hom gesê: “U sien dat die skare van alle kante af teen U druk, en tog vra U, ‘Wie het aan My geraak?’ ” Hy het om Hom bly rondkyk om die een te sien wat dit gedoen het. Toe die vrou besef wat met haar gebeur het, het sy bewend van vrees voor Hom kom neerval en Hom die volle waarheid vertel. Hy sê toe vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees genees van jou kwaal.”(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Die Krag van Geloof


Download audio file

In ‘n wêreld waarin voorkoms, status en sukses so belangrik is, dink ons soms God het dieselfde standaarde. Ons dink baie maklik dat ons nie belangrik genoeg is, dat God Hom met ons sal bemoei nie, omdat Hy te besig is om ander mense, wat meer waardig is, te help.

Ja, absoluut!  Dit is so maklik om die verkeerde indruk van God te kry, om jou voor te stel dat Hy soos ons almal is!

Laat ons weer by Jesus aansluit, daar waar Hy deur ‘n groot menigte gevolg word. Onthou, een van die mense in die skare is die vrou, die een wat onrein is, die sosiaal uitgeworpene, die een wie se naam nooit genoem word nie. Sy het gehoor van hierdie man, Jesus, wat genees. In haar desperaatheid van twaalf jaar se pyn en lyding, gaan sy na Hom.

Kyk in Markus 5:28-34 hoe groot haar geloof is: …want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is. Jesus het onmiddellik agtergekom dat krag uit Hom uitgegaan het. Hy het in die skare omgedraai en gevra: “Wie het aan my bokleed geraak?” Maar sy dissipels het vir Hom gesê: “U sien dat die skare van alle kante af teen U druk, en tog vra U, ‘Wie het aan My geraak?’ ” Hy het om Hom bly rondkyk om die een te sien wat dit gedoen het. Toe die vrou besef wat met haar gebeur het, het sy bewend van vrees voor Hom kom neerval en Hom die volle waarheid vertel. Hy sê toe vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees genees van jou kwaal.”(AFR20)

Kyk net; haar geloof het Jesus se genesende krag, ondanks haar haglike omstandighede en lae status, vrygestel.

Jy moet jouself nooit verbeel dat Jesus nie tyd vir jou het nie, en dat Hy Hom nie met iemand soos jy sal ophou nie. Sy standaard, word nie bepaal deur posisie of status nie, maar eenvoudige geloof. Jou geloof.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge