... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Kuns Van Luister

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 18:13 Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande.

Listen to the radio broadcast of

Die Kuns Van Luister


Download audio file

Een van die naarste dinge wat ‘n mens kan doen, is om iemand in die rede te val, of selfs net stil te bly en ongeduldig te sit en wag vir jou beurt om weer te praat, sonder om te luister wat hy sê.

Ek weet nie van jou nie, maar ek is van nature ‘n prater en nie ‘n luisteraar nie. Ek dink dis hoekom ek doen wat ek doen. Ek vind dit baie maklik om idees in woorde om te sit. Dis iets wat vir my moeiteloos is.

Maar die kwesbare deel van daardie gawe is die begeerte om altyd te praat en nooit te luister nie. Ek moes leer, en steeds aanhou leer, om stil te bly en regtig na mense te luister met die doel om te verstaan wat hulle standpunt is en wat hulle regtig sê. Kyk wat staan in:

Spreuke 18:13 Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande.

Dis nou ‘n ware stuk goddelike wysheid! Ons maak ‘n gek van onsself wanneer ons mense oordeel en antwoord sonder om te luister. Daar word gesê dat ‘luister’ die kuns is om oordeel in nuuskierigheid te verander. Dis baie waar. Ek dink die probleem is dikwels dat ons nie regtig belangstel in die ander persoon of wat hy dink nie.

Maar wanneer ons wel in hulle belangstel, wanneer ons regtig wil hoor wat hulle op die hart het, sien ons die persoon in ‘n ander lig – hy is skielik fassinerend en insiggewend en so verrykend. Die kuns lê daarin om lank genoeg stil te bly om hulle te hoor praat, en na hulle te luister met ‘n gesindheid van nuuskierigheid, eerder as van oordeel. 

Dit wil sê: Laat mense klaar praat, voordat jy hulle probeer antwoord. Op hierdie manier sal jy jouself nie in die verleentheid stel en soos ‘n dwaas lyk nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.