... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Lewe is so Onregverdig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 2:8,9 “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

Listen to the radio broadcast of

Die Lewe is so Onregverdig


Download audio file

Ek is nie seker of jy al ooit so daaraan gedink het nie, maar hierdie hele beginsel van genade, is ongelooflik onregverdig. Dit is onbillik. Jesus, ‘n onskuldige man, is doodgemaak om die prys vir my en jou sondes te betaal. As dit nie onregverdig is nie, weet ek nie wat is nie! Soms lyk die lewe net nie regverdig nie, of hoe? Iemand doen iets verkeerd en dit veroorsaak dat ons die prys moet betaal en miskien iets misloop wat ons regtig graag wou hê … dit is net so onregverdig! Dit gebeur gereeld in ons lewe, nie waar nie? Dinge is soms onregverdig en ons haat dit met ‘n passie as ons aan die ontvangkant daarvan is. Ons haat onregverdigheid. Dit is net nie reg nie. Dit moenie so wees nie. Stel jou vir ‘n oomblik voor dat jy God is. Natuurlik is geregtigheid sy prioriteit, want dit is hoe God is. Reg is reg en verkeerd is verkeerd. Maar dan kyk jy na mense soos ek en jy, of sommer net na ‘n paar mense vir wie jy regtig lief is. Jou sin vir regverdigheid sê: “Hulle het my verwerp. Hulle verdien nie die ewige lewe nie.” Maar jou Vader in die hemel sê: “Ek het hulle so lief. Ek wil hê hulle moet die ewigheid saam met my deurbring. ” Dit is God se dilemma … en wat doen Hy daaraan? Weet jy, Hy doen iets heeltemal onregverdig. Hy stuur sy Seun Jesus om te sterf vir mense soos ek en jy, om die prys vir ons opstandigheid, ons verwerping van Hom … ja, dis reg, ons sonde, te betaal. Maar wanneer ek en jy in Jesus glo, maak Hy die deure van die hemel vir ons oop. Dit is so onregverdig. God noem dit genade. Kyk wat staan in: Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge