... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Mag om te Verander

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 17:14-16 Toe hulle weer by die mense kom, het 'n man voor Hom kom kniel en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water. Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.”

Listen to the radio broadcast of

Die Mag om te Verander


Download audio file

Ek dink dat ons soms die dwarslat te laag stel as dit kom by ons verwagtinge van wat Jesus in ons lewens kan en gaan doen. Ons sien hoe Hy “dinge” in ander mense se lewens doen, maar verwag nie dat Hy dit in ons lewens gaan doen nie.

Party dae dink ons ​​niks gaan ooit verander nie. Iets waarmee ons jare lank al worstel; miskien ‘n moeilike verhouding, ‘n behoefte, ‘n seer, ‘n probleem in ons gesindheid … Ag nou ja,  ek moet seker net leer om daarmee vrede te maak, want dit gaan nooit verander nie.

Jesus en drie van sy dissipels kom van ‘n berg af en tref ‘n skare mense aan. Van die ander dissipels het probeer om ‘n demoon uit ‘n jong seun te verdryf, maar hulle kon dit nie reg kry nie. Stel jou voor hoe sy pa gevoel het. Hy het van Jesus se wonderwerke gehoor, maar wonder nou of Jesus ‘n wonderwerk vir hom sal doen. Ons lees in:

Matteus 17: 14-16  Toe hulle weer by die mense kom, het ‘n man voor Hom kom kniel en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water. Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.”

Kom ons maak dit prakties. Sal Hy ‘n wonderwerk vir ons doen – vir jou, vir my? Sal Hy ons die deurbraak gee waarna ons soek? Sal Hy daardie ‘een ding’ verander wat nooit gaan verander nie?

In Matteus 17:18 staan: Jesus het die duiwel sterk aangespreek, en die duiwel het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword.

Jesus het nooit geweier om ‘n wonderwerk te doen vir iemand wat met die kleinste bietjie geloof na Hom toe gekom het nie. Nie een keer nie.

Dit is een ding wat nooit gaan verander nie … neem dit na Hom toe. Hy mag dit nie doen presies soos wat jy wil nie, maar vertrou my, Hy sal optree. Vra Hom en glo.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge