... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Mag van die Verlede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

Listen to the radio broadcast of

Die Mag van die Verlede


Download audio file

Die verlede het vir baie mense so ‘n ongelooflike greep oor hulle, dat dit hul hede verwoes en hulle van hul toekoms beroof. Die berou oor dinge uit die verlede kan dit doen. Maar ek glo dat God jou vandag wil bevry van die berou oor jou verlede deur die krag van sy Woord.

Kan ek jou vandag vra: wat is die een ding in jou verlede wat jy wens nooit gebeur het nie? Die één ding, wat jy sou wou uitwis, as jy die horlosie kon terugdraai? Wat sou jy anders gedoen het, om dit te verhoed of reg te stel?

En, wees eerlik met jouself – watter houvas het dié een ding vandag nog oor jou lewe? Vir baie mense is die antwoord op die vraag ‘n teer saak.

Spyt is ‘n gevoel van hartseer of teleurstelling oor iets wat gebeur het. Miskien is dit iets wat jy gedoen het of nie gedoen het nie.

Sê nou jy kan vry wees van die verwyt? Sou jy graag wou hê dat God jou vandag vry maak van die verwyte van jou verlede? Want laat ek jou sê, dit is absoluut wat Hy wil doen. Ons sien in:

Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

God is besig om jou lei skoon te vee. In Christus het die verlede geen mag oor jou nie. Maar weet jy, Hy vee dit nie net skoon, sodat dit skoon sal wees nie. Hy vee dit skoon, sodat Hy ‘n nuwe ding kan doen.

Jy sal groei soos ‘n jong boom wat by ‘n waterstroom geplant is. God gee jou die versekering as Hy sê: Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge