... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Melkweg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 119:130 Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.

Listen to the radio broadcast of

Die Melkweg


Download audio file

Kan ek jou ‘n baie reguit vraag vra? As ‘n onpartydige regter, jou Bybelleesgewoontes sou ondersoek, sou hy onteenseglike bewyse vind dat jy inderdaad ‘n man of vrou van God se Woord is … of sal hy nie?

Die daaglikse voorbereiding van hierdie VARS boodskappe is een van die grootste vreugdes in my lewe. God gebruik hierdie saad, wat ons saai, oor die hele wêreld. Dit raak mense, wat ek nooit aan hierdie kant van die ewigheid sal ken nie, se lewens aan.

Een van die vrae wat mense lief is om vir my te vra, is: “Waar kom al die idees vandaan? Sukkel jy nie partykeer nie?”

My antwoord is altyd: “Het jy al ooit opgekyk na die Melkweg? Daar is triljoene sterre daarbo en dit maak nie saak hoe lank sterrekundiges die hemelliggame bestudeer nie, hulle sal altyd nuwes ontdek.”

Daar is so ‘n rykdom, so ‘n diepte, so ‘n krag in die Woord van God. ‘n Enkele vers; net ‘n paar woorde, God se woorde, kan jou hele lewe verander. Ons lees in:

Psalm 119:130 Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.

Ek weet dat dit beslis in my lewe waar is. God se Woord is dié een ding, wat Hy gebruik het om my lewe te verander. Daar ís krag in sy Woord. Krag wat my lewe herskep het. Krag om jou lewe te verander.

God se Woord bring lig, dit blaas nuwe lewe in ons lewens.

En weet jy, as God my nog honderd en vyftig jaar sou gee om Sy Woord te verkondig, sou ek skaars ‘n duik gemaak het.

Wees ‘n man, wees ‘n vrou van God se Woord.

Sy Woord maak selfs eenvoudige mense (soos ek en jy) wys!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge