... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Menigte

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 3:7,8 Jesus het saam met sy dissipels na die see teruggegaan, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg. Ook uit Judea, Jerusalem, Idumea, van oorkant die Jordaan, en uit die omgewing van Tirus en Sidon, het 'n groot menigte na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Die Menigte


Download audio file

Daar is ‘n rede waarom godsdienstige reëls vervelig, hol en betekenisloos voel. Dit is omdat hulle is. Jesus het self gesê Hy het gekom om ons vry te maak van hulle; en weet jy, wanneer Hy ons vrymaak, is ons inderdaad vry.

Ek word nog steeds aangegryp deur die skrille kontras tussen reëlgebaseerde godsdiens aan die eenkant en die werklikheid van ons God van genade aan die anderkant. Genade so groot, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir my en vir jou te ly en te sterf.

Die realiteit is ongelukkig dat godsdiens, deur middel van reëls, mense steeds dwarsoor die wêreld manipuleer en onderdruk. Maar ​​Jesus stel ‘n skrille kontras teenoor hierdie onderdrukking, wat eeue lank die wêreld en die lewens van miljoene mense oorheers. Kyk wat staan in:

Markus 3:7,8 Jesus het saam met sy dissipels na die see teruggegaan, en ‘n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg. Ook uit Judea, Jerusalem, Idumea, van oorkant die Jordaan, en uit die omgewing van Tirus en Sidon, het ‘n groot menigte na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. (AFR20)

Interessant nè; hierdie groot skare mense wat uit verskillende dele kom om Jesus te volg. Dink ‘n bietjie. Al hierdie mense het sekerlik in God geglo en op Saterdae die sinagoge of tempel besoek. En tog het hulle alles agtergelaat en kilometers ver, te voet oor berg en dal gereis, om Jesus te hoor. Ongelooflik!

En ek dink dis hier waar die geheim lê. Ons weet almal wanneer iemand opreg is. En Jesus se egtheid, sy wonderwerke, sy genesings en sy waarheid, kry jy beslis nie tussen die grafstene van godsdienstige reëls nie.

Ons word nie gered en dan geroep om ‘n godsdiens, of ‘n denominasie of mensgemaakte reëls te volg en altyd skuldig te voel nie.

Ek en jy word geroep om Jesus te volg.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge