... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Mense waarvan jy nie Hou nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5:43-48 43 Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.’ Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen. “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde. En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie? “Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is. Hy het mos álle mense lief.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Mense waarvan jy nie Hou nie


Download audio file

Ek het vandag ‘n vraag vir jou. Nee, eintlik twee. Eerstens, hoeveel mense het jy in jou lewe, wat jy werklik nie kan verdra nie? En tweedens, hoe behandel jy hulle wanneer jy hulle raakloop?

Toemaar, jy is nie die enigste een wat ongemaklik voel daaroor nie. Daar is tans verskeie mense in my lewe van wie ek glad nie hou nie. Daar is een spesifieke persoon waaraan ek nou dink. Hy is ‘n boelie. Hy boelie nie vir my nie, maar ek sien hoe hy sy personeel op die verskriklikste maniere boelie. Daar is ‘n paar ander ook. Wat van jou?

Ons instinktiewe reaksie teenoor daardie mense is waarskynlik om hulle te haat. Soms wens ons selfs dat hulle iets verskriklik moet oorkom. Ja, ons wil hulle partykeer vertel wat ons van hulle dink; ons wil skinder oor hulle, of hulle op een of ander manier terugkry. Dit is maar hoe ons koppe werk. Maar kyk wat Jesus daaroor sê in:

Matteus 5:43-48 “Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.’ Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen. “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde. En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie? “Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is. Hy het mos álle mense lief.” (NLV)

Onthou net dat jy nooit iemand sal ontmoet vir wie God nie lief is nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy