... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Menslike Toestand

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”

Hoeveel keer het jy nie gedurende hierdie tyd van die jaar die een of ander prediker hoor vertel van “die ware betekenis van Kersfees” nie? Dieselfde ou storie. En so laat ons nog ‘n Kersfees verbygaan. Regtig tragies.

Te midde van al die roesemoes en al die dinge wat ons moet doen, kom ons op ‘n punt in ons lewens waar ons wonder: Wat doen ek op hierdie aarde? Wat is die doel van die lewe? Waarin lê die vervulling?

Op ‘n helder sterre nag, tweeduisend jaar gelede, is God se ewige Plan gebore. ‘n Seun. Sy Seun, gebore in ‘n nederige stal. Ons lees in:

Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel ‘n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!”

Wat moes God die Vader op daardie oomblik gevoel het? Was dit onuitspreeklike vreugde om te sien hoe sy Plan om die mensdom te red begin ontvou, of was dit terselfdertyd ‘n groot hartseer, omdat Hy geweet het, dat sy Seun sou moes ly?

Maar in daardie nag het God met jou en my gepraat. Hy het gepraat van sy ontsaglike liefde vir ons. Hy het uit een of ander obskure stal in een of ander obskure dorpie ons uitgenooi om in sy Seun te glo.

Waaroor gaan die lewe? Waar gaan dit heen? Wat is die doel? Dit is alles simptome van ‘n vakuum wat deur God self in die DNA van ons siele geskep is, om met sy Geskenk gevul te word, met Jesus.

En dit is presies waaroor Kersfees gaan. Hy smag na jou. Hy het sy Seun vir jou gestuur.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge