... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Nederige Koning

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Sagaria 9:9 Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie.

Alhoewel ‘vryheid’ nie ‘n woord is wat ons gewoonlik met Kersfees assosieer nie, vorm dit die kern van die Kersverhaal.

God se uitverkore volk het op die stadium toe Jesus gebore is, al vergeet hoe dit voel om ‘n goeie koning te hê.

Ons kan vandag baie lekker mor en kla oor ons regering, maar die arme Israeliete was toe Jesus gebore is, al vir eeue lank onder die tirannieke Romeinse bewind. Om dit erger te maak was koning Herodes wat oor Judea geheers het, ‘n bondgenoot van die Romeine.

Maar kyk wat het die profeet Sagaria reeds eeue tevore oor die koms van ‘n ander koning voorspel:

Sagaria 9: 9 Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.

Jesus was inderdaad ‘n heel ander soort koning vir Israel. Hy was ‘n goeie koning, ‘n nederige koning. Hy is nie net in ‘n nederige stal in Bethlehem gebore nie, maar Hy het drie dekades later, op pad na die Kruis, op ‘n donkie gery, wat simboliseer dat Hy nederig en in vrede die stad binnekom.

Wanneer ons Hom die Koning en die Here van ons lewe maak, dan ontdek ons vryheid. Vryheid van die tirannieke heerskappy van ons sonde. Vryheid van die leuens van hierdie wêreld. Vryheid om te wees wie Hy ons gemaak het deur die oorwinning wat Hy behaal het.

Jesus, die goeie Koning, die nederige Koning. Hy het gekom om jou vry te maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.