... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Ontferming van ‘n Vader

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 103:13,14 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.

Listen to the radio broadcast of

Die Ontferming van ‘n Vader


Download audio file

‘n Rukkie gelede het ons ‘n goeie vriend vir aandete oorgenooi. Sy seun en skoondogter was verwagtend. Die ete is egter onderbreek deur ‘n ontstellende telefoonoproep van sy vrou.

Ek kon nie hoor wat gesê was nie, maar die oomblik toe ek sien hoe sy gesig verander, het ek geweet wat gebeur het. Sy skoondogter het ‘n miskraam gehad; hulle het die kindjie verloor.

Die uitdrukking op sy gesig op daardie oomblik was ‘n weerspieëling van wat in sy hart aangaan. Dit was die deernis van ‘n pa. ‘n Pa, vir sy kinders, vir die pyn en verlies wat hulle ervaar het.

En daardie hartseer oomblik was so eg en ontroerend. Die deernis van ‘n pa se hart is opreg, totaal opreg.

Psalm 103:13,14 Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.

Hoe maklik is dit nie om in die geroesemoes van die lewe, van jou lewe – die werklikheid van die deernis van God vir jou uit die oog te verloor nie? In sy groot en magtige Vaderhart verlang Hy na jou, Hy smag na jou. Hy voel al die pyn wat jy voel, asof dit sy eie is … selfs wanneer daardie pyn die gevolg van jou eie foute is. Want Hy weet dat jy feilbaar is; dat jy stof is.

Onthou dus wanneer jy pyn ervaar, wanneer jy hartseer is, wanneer jy ‘n verwoestende verlies ly … dat God se liefde vir jou, die deernis in Sy Vaderhart vir jou, nie bloot ‘n teorie is nie.

Dit is ‘n werklikheid. Dis honderd persent eg.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.