... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Onvernietigbare Vennootskap van Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 14:30,31 Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

Listen to the radio broadcast of

Die Onvernietigbare Vennootskap van Geloof


Download audio file

Dit lyk na ‘n goeie plan om in geloof op te tree, dis mos die regte ding om te doen, nie waar nie? Ja, maar wat gebeur as jy in ‘n klein bootjie vaar en die onweerswolke verskyn en die see skuim. Tree jy nou in geloof op? Jy maak seker ‘n grap!

Jy ken seker die verhaal van die dissipels wat een nag tydens ‘n storm in ‘n boot onkant gevang was? Die arme manne was oorweldig deur die gevaarlike branders en bang dat hulle gaan verdrink. Maar toe kom Jesus vroeg die volgende oggend op die water na hulle toe aangestap!

Petrus vra Jesus om hom te beveel om uit die boot te klim en na Hom toe te stap. Toe Jesus dit doen, neem Petrus een van die grootste geloofstappe wat jy ooit in die Bybel sal kry. Hy klim, te midde van hierdie hewige storm, uit die boot om saam met Jesus op die water te loop. Dis darem vir jou geloof wat jy nie aldag kry nie! 

Matteus 14: 30,31 Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”

Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”  

Wat ‘n aanklag; maar ‘n baie goeie vraag: waarom het jy begin twyfel?

Jesus sê met ander woorde, ek weet daar woed ‘n gevaarlike storm. Ek weet dat jy ’n baie dapper ding doen deur op die water te loop. Maar het jy ‘n idee met wie jy hier te doen het?

Dit is wat Jesus eintlik gesê het. En natuurlik het Hy dadelik vir Petrus gegryp, hom gered en die storm laat bedaar.

As ek en jy ons onvolmaakte geloof in ons volmaakte Jesus stel, ontdek ons dat dit ‘n onvernietigbare vennootskap is. Omdat Jesus altyd, altyd ons geloof, hoe klein dit ook al mag wees, eer.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.