... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die pad na Innamincka

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 16:9 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop

Listen to the radio broadcast of

Die pad na Innamincka


Download audio file

Ek kan jou nie vertel hoeveel keer ek al gedink het dat ek ‘n briljante  plan beet het nie; ‘n plan om iets spesifieks te doen, om van rigting te verander… en dan kom God en ontwrig my briljante plan geheel en al.  Ai, tog, frustreer dit jou nie ook eindeloos nie?

Ek het onlangs ‘n pragtige skildery in skakerings van rooi en oranje, van ‘n afgeleë plattelandse streek in Australië, gesien. Die titel van die skildery was “Op pad na Innamincka.” Jy moet nie slegvoel as jy nie weet waar Innamincka is nie, dit is in die gramadoelas, min mense weet dat dit bestaan!

Hoe dit ook al sy, in die middel van die skildery, was hierdie lang, reguit pad wat kilometers ver loop. Dit is die pad wat jy normaalweg sou neem, as jy op pad na Innamincka was.

Langs die pad was daar, ‘n spruitjie met welige groen plantegroei in die middel van hierdie droë, onvrugbare land. Die kronkelende stroompie het sommer lewe aan die skildery gegee. Ek het nogal gedink: “Die kronkels, bring ‘n skilderagtige dimensie na vore – nie reguit en vervelig soos die mensgemaakte reguit pad nie.”

Soms dink ons, ons kan ons hele lewe in ‘n reguit lyn, van punt A tot punt B beplan. En wanneer ons dan al die kilometers ver ry, kan dit droog en vervelig voel – seker maar baie soos die pad na Innamincka.

Maar weet jy, God, vorm ons lewenspad vir ons – dis nie deur mensehande gemaak nie. Dis kronkelend. Dis onvoorspelbaar, en daar’s verrassings om elke hoek en draai, maar dis gevul met ryk, welige plantegroei. Kyk wat sê:

Spreuke 16:9 ‘n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.

In hierdie lewe moet ons dikwels deur dorre, droë streke reis. Dis natuurlik net menslik om die reguit en die vinnigste roete te begeer.

Maar moenie verbaas wees as God jou met die skilderagtige roete langs neem nie. Dit kan ‘n bietjie langer duur, maar daar is beslis water en skaduwee langs die pad.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.