... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Prys van Liefde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:16 Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.

Listen to the radio broadcast of

Die Prys van Liefde


Download audio file

Om ander mense lief te hê, kan ‘n uitdaging wees. Eintlik is ek redelik seker dat elkeen van ons moeilike persone in ons lewens het, persone wat God ons roep om lief te wees. En dit … dit is moeilik; dit kan seermaak … maar dit is hoe dit werk.

Jesus, hoe beter ek U leer ken, hoe meer begin ek glo dat U liefde is. Ek het gelees hoe U daardie melaatse man genees het en hoe U daardie prostituut verdedig het en ek het gedink – sjoe, dit is wat liefde waarlik is.

Maar, om ander mense lief te hê, is vir my so moeilik. Ek het nooit gedink dat dit my soveel sal kos om liefde te bewys nie.

En toe lees ek hoe hulle U gekruisig het en ek het gehuil. Ek kon dit nie help nie. Ek het net daar gesit en snik. Vir die eerste keer het dit tot my deurgedring hoe lief U my het en hoeveel dit U gekos het.

En êrens diep in my hart, wil ek soos U wees. Ek wil leer om mense lief te hê soos U my liefhet. En ek weet dit gaan baie van my vra. En dit maak my bang.

Maar – ek wil ook ander liefhê soos U my liefhet. Help my, in Jesus naam. Amen.

In 1 Johannes 3:16 staan: Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.

Dit is absoluut waar. Om ander lief te hê, is party dae harde werk – dit kan ‘n moeilike besluit wees, want om ander lief te hê, gaan iets kos. Dis ‘n duur prys om te betaal. Maar aan die anderkant, het God ons liefgehad … en dit het Jesus alles gekos, selfs sy lewe.

Dis wat dit beteken om Jesus te volg – om ander lief te hê, soos Hy ons liefgehad het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge