... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Regte Ding om in Getsemane te Doen

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 26:36 Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.”

Listen to the radio broadcast of

Die Regte Ding om in Getsemane te Doen


Download audio file

Die beskrywing van Jesus se lyding is ‘n gedeelte wat ‘n mens ontstel. Die Bybel sê Hy was doodsbenoud en het met sy gesig teen die grond in ‘n tuin gebid, voordat Hy weggelei is om gekruisig te word. Dit is ontstellend … dit is uitdagend.

Ek praat nou die dag met ‘n bekende fotograaf, Ken Duncan, oor ‘n reeks foto’s wat hy gepubliseer het in sy boek ‘Where Jesus Walked’.

Een van die foto’s wat my regtig aangegryp het, was die een wat hy geneem het in die tuin van Getsemane, die plek waar Jesus gebid het, net voordat Hy verraai en gekruisig is.

Daar is ‘n olyfboord in die tuin. Maar hierdie olyfbome lyk nie soos dié in my plaaslike kwekery nie. Hulle lyk regtig, baie oud en knoetserig. Ken het my vertel dat dit waarskynlik dieselfde bome is waaronder Jesus gebid het.

In Matteus 26:36,39
lees ons: Daarna kom Jesus met sy dissipels by ‘n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” Hy het ‘n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

Geen wonder die olyfbome lyk so oud nie. As hulle net kon praat…Tweeduisend jaar daarna is hulle nog daar. En in al die tyd het die kragtige boodskap van dit, wat onder hulle afgespeel het, nie verander nie. Jesus sterf aan die kruis vir jou en vir my, om die prys van ons verwerping van God, te betaal.

En toe ek na die bome op die foto kyk, het dit gelyk asof hulle daar staan ​​soos ou boodskappers, soos ‘n lewende uitnodiging.

Jesus het gesterf en weer opgestaan ​​vir jou. Sy vergifnis, Sy genade, Sy vrede is vir jou. Hierdie uitnodiging … is vir jou.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge