... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Slagoffers Word die Oorwinnaars

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie

Listen to the radio broadcast of

Die Slagoffers Word die Oorwinnaars


Download audio file

So nou en dan gebeur daar iets baie sleg met ons. Dit sal seermaak en ons sal treur, en dit is hoe dit hoort. Maar dan is die versoeking daar, om daardie verlies telkens weer te beleef. Sommige mense kom nooit daaroor nie.

Ons sien dikwels hoe die geskiedenis homself herhaal. Een nasie oorwin ‘n ander nasie. Een groep mense onderdruk ‘n ander groep.

Dit lyk half asof die menslike verhaal een van die oorwinnaar en die slagoffer is. Die wenner en die verloorder.

Vandag, in my land, is nasionale ‘Australië dag’. In Indië vier hulle ‘Onafhanklikheidsdag’. Dit lyk asof elke land een dag het, waarop hy die een of ander episode uit sy geskiedenis herdenk. En byna sonder uitsondering het daardie dag iets met wen en verloor te doen.

En dit gebeur nie net op geo-politiese skaal nie. Dit gebeur net so kragtig, net so seer, op ‘n diep persoonlike vlak.

Daar is ongelukkig soveel mense vandag wat hul smart vertroetel – ek hoop nie dat jy omgee dat ek dit so kras stel nie, maar hulle verkneukel hulself in hul smart, sodat dít wat hulle verloor het, definieer wie hulle is, hoe hulle voel en hoe hul toekoms gaan wees.

Net voordat Hy gekruisig is, het Jesus met sy dissipels gepraat. Ons lees in:

Johannes 14:30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie,

Hy was op die punt om wreed aan ‘n kruis vasgespyker te word; om onbeskryflik te ly. Maar Hy het geweier om die rol van ‘n  slagoffer te speel. Hy het geweier om homself jammer te kry. Hy het geweier dat mense aan Hom, as ‘n ‘verloorder’ aan die kruis, sou dink en Hom as sulks definieer.

Jy en ek sal in hierdie wêreld verlies ly; dit is baie seker. Moet nie toelaat dat die verlies jou definieer nie. Moenie jou in jou smart verkneukel nie. Weier om dit te doen.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge