... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Slagyster van Groeps-denkpatrone”

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Konings 22:7,8 Josafat het egter gevra: “Is hier nie nóg 'n profeet van die Here dat ons hom ook kan raadpleeg nie?” Die koning van Israel sê toe vir Josafat: “Hier is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg, maar ek haat hom, want hy voorspel vir my nooit iets goeds nie, net altyd die slegste. Dit is Miga seun van Jimla.” Josafat sê toe: “Die koning moenie so praat nie.”

Een manier om vrede te handhaaf, is om mense te vertel wat ons dink hulle graag wil hoor. Die probleem daarmee is dat dít wat hulle wil hoor, nie altyd die waarheid is nie. En boonop is dít wat hulle wil hoor, nie altyd die beste ding vir hulle nie.

En weet jy, daardie begeerte om mense te vertel wat hulle wil hoor, is iets wat lei tot, wat ek “groepsdenke” noem. Mense kom bymekaar in hul klein wedersydse bewonderings-groepies; hulle voel almal so goed oor hulself en voordat hulle weet, neem hulle verkeerde besluite. 

Daar was ‘n tyd in die Ou Testament toe die konings, Agab en Josafat, moes besluit of hulle teen die Arameërs gaan veg of nie. 

Die manier waarop hulle dit destyds gedoen het, was om die profete te vra. Daar was omtrent vierhonderd van hulle, en hulle het almal gesê: ‘Ja, ja, gaan veg’. Maar Josafat het vir hulle gesê hulle moet God se raad vra.

1 Konings 22:7,8 Josafat het egter gevra: “Is hier nie nog ‘n profeet van die Here dat ons hom ook kan raadpleeg nie?”

Die koning van Israel sê toe vir Josafat: “Hier is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg, maar ek haat hom, want hy voorspel vir my nooit iets goeds nie, net altyd die slegste. Dit is Miga seun van Jimla.”

Josafat sê toe: “Die koning moenie so praat nie.”

Josafat was reg. As Agab daardie dag na Miga geluister het, sou hy nie in die geveg gesterf het nie. ’n Vriend van my, Peter Sewell, beskryf so ‘n situasie as volg:

Ongelukkig verloor groepe wat konformiteit najaag, hul doeltreffendheid. Besluitneming ly daaronder, omdat die groepe se sosiale gedrag die doeltreffende evaluering van idees belemmer.

Ons kan dit groepsdenke noem of konformiteitsvooroordeel; maar as ons versuim om te luister na ander mense se opinies, kan ons groot foute maak. Wees dapper genoeg om na mense te luister wat vir jou die dinge gaan vertel wat jy nie wil hoor nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.