... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Status Quo is Nie ‘n Opsie Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: ”Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Listen to the radio broadcast of

Die Status Quo is Nie ‘n Opsie Nie


Download audio file

Dit is nie ‘n volhoubare opsie om te volhard in die sonde en ons rug op Jesus te draai nie. Dit verwoes ons lewens vandag en lei uiteindelik tot ‘n ewige skeiding van God. Die vraag is, wat is die oplossing?

Dit is ‘n baie goeie vraag. Verskillende mense en verskillende kerke het elkeen hul eie oplossings, en nie almal werk nie. Ek het iets baie interessant op ‘n Facebook-blad genaamd “Hou Op Om Kerk te Speel” gelees – nogal ‘n interessante naam, nè? Dit is wat daar gestaan het:

’n Liberale kerk sê jy is welkom hier en jy hoef nie jou lewe reg te ruk nie. ’n Wettiese kerk sê jy is nie welkom hier voordat jy nie jou lewe reggeruk het nie. Maar Jesus sê jy is welkom by My en Ek sal jou lewe van binne af nuut maak.

Jesus is die Een – die enigste Een – wat in staat is om ons sonde te hanteer. Ons sien dit nêrens beter as in die verhaal van die vrou wat op owerspel betrap is nie. Die godsdienstige leiers wou haar met klippe doodgooi, maar om ‘n lang storie kort te maak, Jesus het Homself, fisies, moreel en geestelik, tussen haar en die woedende gepeupel geplaas tot hulle almal weggestap het. Toe hulle weg is…

Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”

“Niemand nie, Here,” sê sy.

Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Jesus was daardie dag in elke opsig haar Verlosser. Sy het gesondig, maar Hy het haar nie veroordeel nie. Maar Hy het glad nie haar sonde oorgesien nie.

Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.

Laat Jesus die Een wees wat jou lewe verander.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.