... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Tuinier se Werk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 3:6,7 Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.

Listen to the radio broadcast of

Die Tuinier se Werk


Download audio file

Wanneer jy jou gawes en vermoëns, jou tyd en hulpbronne gebruik om die liefde van Christus met diegene rondom jou te deel, is daar die versoeking om toe te laat dat trots insluip.

Baie jare gelede was ek betrokke by ‘n bediening waar die ongelooflik suksesvolle leier sy eie propaganda begin glo het. Hy het grootkop begin kry! 

Hy het mense hulle regte ontneem, hulle vervreem en in baie gevalle afgesny. Ek was een van dié, wat hy afgesny het. Dit het seergemaak. Ek het nog net twee keer in twintig jaar, wat ek in die bediening betrokke is, gehuil. Dit was een van hulle. Maar uiteindelik het dinge so erg geraak, dat die bediening se direksie hom na baie jare van diens, in die openbaar afgedank het.

Weet jy, ek is redelik seker dat sodra ons begin dink alles om ons draai en die oomblik wanneer ons trots word … op daardie stadium is God klaar met ons. Dit is hoe die apostel Paulus dit jare gelede gestel het in:

1 Korintiërs 3:6,7 Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.

Steek vandag jou hand in eie boesem – ek doen dit ook gereeld: Het ons ons eie propaganda begin glo? Het ons meer van onsself begin dink as wat ons behoort te?

Die tuinier se werk (dit is ek en jy) is om te plant en nat te gooi. Maar God is die een wat dinge laat groei.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.