... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Via Dolorosa

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 27:28-31 Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

Listen to the radio broadcast of

Die Via Dolorosa


Download audio file

Jy weet mos hoe jy ‘n prentjie in jou kop opbou van iets waarvan jy gehoor het, maar as jy dit uiteindelik sien, lyk dit glad nie soos jy verwag het dit moet lyk nie?

Ek het deur die fotograaf Ken Duncan se boek “Where Jesus Walked” gekyk en ek het op ‘n onlangse foto van die Via Dolorosa afgekom.

Dit is die pad waarmee Jesus van die gevangenis na sy kruisiging geloop het. Kan jy jouself die situasie voorstel? Hy was bebloed en geslaan, en Hy het sy kruis gesleep. Ek weet nie hoekom nie, maar ek het verwag dat dit nogal ‘n wye pad sou wees. Dit is nie. Dit is taamlik smal.

En deesdae is daar ‘n winkel met ‘n rooi en wit Coke Cola-bord. Dít het ek nie verwag nie! Maar, ek is seker dat toe Hy daardie dag met sy kruis die pad afgestap het, was daar ook handelaars in hul winkeltjies wat besig was om hul sake te doen. Matteus teken vir ons ‘n baie somber toneel in:

Matteus 27:28-31 Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom ‘n pers mantel om. Hulle vleg ‘n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom ‘n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

Die Via Dolorosa. Die pad wat Jesus vir jou en vir my geloop het. Hy het gely, sodat ons vrygelaat kan word. En as ons Hom wil volg, is dit dieselfde pad wat ons moet volg. Smal en pynlik … die Kruis-pad.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge