... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vreugde van Oorvloed

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Ester 10:3 Die Jood Mordegai was tweede in bevel onder koning Ahasveros. Hy was hoog in aansien by die Jode en gewild by al sy volksgenote. Hy het hom vir die welvaart van sy mense beywer en die veiligheid van al hulle nakomelinge verseker

Listen to the radio broadcast of

Die Vreugde van Oorvloed


Download audio file

Om ons met ander mense te vergelyk, is omtrent een van die domste en die mees vernietigende dinge wat ons ooit kan doen. Want, weet jy, God het nooit bedoel dat jy soos enige ander persoon moet wees nie. Tog wil ons almal nog steeds onsself met ander vergelyk.

Ek hou daarvan om mense te sien soos God hulle gemaak het terwyl hulle dít doen, waarvoor God hulle gemaak het. Jesus wil nie hê dat ons net genoeg kry om te drink nie, maar Hy wil ons oorvloedig seën.

In Johannes 7: 37,38 staan: … “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!…Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

Ons word al te dikwels afgeskrik deur die feit dat óns oorloop so dikwels anders is, as die volgende persoon s’n.

Ek wil jou vandag vertel van hoe God mense gebruik het. Toe die lewens van sy mense in gevaar was, het Hy deur Ester en haar oom Mordegai ingegryp. Ons sien in:

Ester 10:3 Die Jood Mordegai was tweede in bevel onder koning Ahasveros. Hy was hoog in aansien by die Jode en gewild by al sy volksgenote. Hy het hom vir die welvaart van sy mense beywer en die veiligheid van al hulle nakomelinge verseker.

Ester en Mordegai het baie van mekaar verskil… en God het hulle geroep om verskillende, maar tog ewe belangrike rolle te speel om sy volk te red.

As ons onsself met ander mense vergelyk – “O, dít sou ek nooit kon doen nie!” – die antwoord is: “Ag, natuurlik kon jy nie! Dit is miskien nie waarvoor God jou toegerus het nie.”

Of jy nou Ester of Mordegai of Fred of Maria is, moenie jouself misgis nie, God het jou gemaak met ‘n baie spesiale doel in gedagte. Hy het talente en vermoëns aan jou toevertrou, en as jy jou spesiale gawe gebruik, staan ons ander in verwondering.

Wees wie God jou gemaak het. Doen dit waarvoor God jou geskep het.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge