... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dink Mooi wat jy Sê

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 3:9-12 Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of 'n druiwestok vye nie. 'n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!

Listen to the radio broadcast of

Dink Mooi wat jy Sê


Download audio file

Ek dink nie daar is een persoon op hierdie aarde wat nie al spyt was oor iets wat hy of sy gesê het nie. Ai, as ons dit maar net kon terugtrek. As ons net daardie dom ding wat by ons monde uitgekom het, kon uitvee. Maar dit werk nie so nie.

Wat ons sê en hoe ons dit sê, is ‘n venster in ons siel. Ek en jy, kan ‘n wonderlike beeld voorhou. Ons kan respekvol en nederig én godvresend optree, maar eendag glip iets aakligs uit, wat die hele wêreld wys wat regtig binne aangaan.

Ek bedoel, jy is lief vir God, nie waar nie? Jy wil Hom eer, maar soms bring ons tong ons in groot verleentheid.

Jakobus 3:9-12 Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. ‘n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of ‘n druiwestok vye nie. ‘n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!

Daar is nie ‘n enkele persoon wat jy ooit sal ontmoet, wat nie na God se beeld geskape is nie. Daar is ook niemand vir wie God nie net so lief het, soos Hy vir jou het nie. En om God die een oomblik te loof, en dan in die volgende oomblik iemand vir wie Hy lief is, te vervloek, is absolute skynheiligheid.

Wie is die mense in jou lewe, van wie jy regtig nie hou nie? Miskien is dit tyd om te begin bid dat God jou hart teenoor hulle sal verander. Miskien is dit tyd om te begin fokus op jou houding teenoor hulle. Hoekom? Omdat God hulle liefhet.

Dink daarom tog baie mooi wat jy sê. . .

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.