... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis my Reg?#

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 8:9-13 Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, 'n aanleiding tot sonde word nie. As jy wat hierdie kennis het, in 'n afgodstempel gaan eet en iemand met 'n swak gewete sien jou, sal dit hom dan nie aanmoedig om die vleis as afgodsoffer te eet nie? Dan gaan die swakke verlore deur hierdie kennis van jou, en dit 'n broer vir wie Christus gesterf het. Deur so teen die broers te sondig en 'n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus. Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie.

Listen to the radio broadcast of

Dis my Reg?#


Download audio file

Dit is maklik om met ‘n “dit is my reg”-mentaliteit wat ons kultuur deesdae propageer, die Bybel te lees. Die gesindheid van “dis my reg!” veroorsaak dat ons die dinge van God heeltemal op die verkeerde manier interpreteer.

Ons dink dat daar nog nooit ‘n tyd in die geskiedenis was wat die samelewing, selfs die kerk, so verskriklik gepolariseerd was nie. ‘n Tyd toe mense meer passievol oor twispunte verdeeld was nie. Maar weet jy, dat daar reeds in die 1ste eeu n.C., toe die Christendom uit Judaïsme ontstaan het, verdeeldheid en geskille in die kerk was. Die apostel Paulus skryf in:

1 Korintiërs 8:9-13 Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, ‘n aanleiding tot sonde word nie. As jy wat hierdie kennis het, in ‘n afgodstempel gaan eet en iemand met ‘n swak gewete sien jou, sal dit hom dan nie aanmoedig om die vleis as afgodsoffer te eet nie? Dan gaan die swakke verlore deur hierdie kennis van jou, en dit ‘n broer vir wie Christus gesterf het. Deur so teen die broers te sondig en ‘n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus. Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie.

Hoe meer jy jou Bybel lees, hoe meer moet jy tot die gevolgtrekking kom dat die enigste reg wat ons het, is om kinders van God genoem te word en dat ons daardie gesindheid van “dit is my reg” vir Christus en vir ander moet neerlê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.