... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Nie Regtig so Gekompliseerd Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 13:9,10 Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.

Listen to the radio broadcast of

Dis Nie Regtig so Gekompliseerd Nie


Download audio file

Deesdae lyk die grens tussen reg en verkeerd baie wyer en veel gryser. In werklikheid is dit maklik om na iets te kyk en regtig nie meer te weet of dit nou reg of verkeerd is nie.

Dit is waar, nè? Mense wil die grens tussen reg en verkeerd uitwis. Dit was vroeër swart en wit, maar deesdae is dit een groot grys massa, met  so ‘n spikkeltjie swart daar êrens en ‘n klein wit randjie aan die ander kant.

Al die outydse Bybelse beginsels waarop ons regstelsel gegrond was,  is neusie verby! Dit is natuurlik niks nuuts nie. Solank daar sondaars soos ek en jy op hierdie die aarde is, word begrippe van sedelikheid, etiek en gedrag daagliks verder verwater.

Al wat verander het, is dat dit soveel ingewikkelder geword het. Ons moet almal op eiers loop; ons moet so versigtig wees dat ons nie vir iemand aanstoot gee met ons spesifieke vorm van reg en verkeerd nie. Maar eintlik is dit werklik nie so ingewikkeld nie. Dit is regtig nie moeilik nie. Kyk wat staan in:

Romeine 13: 9,10 Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.

Ons weet daar is reëls en soms wil mense dit verander; dit bietjie na links of ‘n bietjie na regs, of ‘n bietjie op, of bietjie af skuif. Ek en jy stem dikwels nie saam met die veranderinge nie. Soms ontstel dit ons, maar jy weet, hier is die kern van die saak. Dit is so eenvoudig:

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” selfs as jy nie met hulle saamstem nie. 

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy