... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit Is Heeltemal Verregaande

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Dit Is Heeltemal Verregaande


Download audio file

Oor die jare het ek baie mense ontmoet, wat op plekke woon waar hulle nie vryheid van spraak het nie. Wat my ontstel het terwyl ek na hul stories geluister het, is hul diep gevoel dat dinge onregverdig is.

Vryheid van uitdrukking is iets wat die meeste van ons as ‘n fundamentele mensereg sal beskou. En tog word daar vandag, selfs in samelewings wat hulself as oop en ruim-denkend beskou, vryheid van spraak vinniger as wat ons dink, afgetakel. Sir Winston Churchill het dit jare gelede nogal profeties gestel:

Sommige mense se idee van vryheid van spraak is dat hulle vry is om te sê net wat hulle wil, maar as iemand anders iets terugsê, voel hulle beledig.

En dit is baie dikwels hoe dinge vandag in gesprekke verloop. Ja, waar die een groep mense dink net hulle is reg, het beskaafdheid, liefde en begrip so te sê verdwyn.

Die diskoers handel dikwels oor Christenskap; oor jou en my geloof in Jesus en oor die dinge wat God reg en verkeerd noem. Die opponerende magte probeer ons blokkeer; hulle wil ons verhoed om die waarheid te praat. Nou, hoe reageer ons dan? Deur terug te skree?

Ek dink nie so nie. Jesus sê in:

Matteus 7:12Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV)

Dink mooi: hoe sou jy wou hê dat jou teëstanders – diegene wat heeltemal ander sienings as jy het, diegene wat jou kritiseer en verkleineer – jou behandel?

Wel, jy het gehoor hoe Jesus wil hê jy moet hulle behandel.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy