... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit is jou Oomblik van Waarheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 30:8,9 ... moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en sê: “Wie is die Here?” nie...

Listen to the radio broadcast of

Dit is jou Oomblik van Waarheid


Download audio file

Metaboliese sindroom is die versamelnaam vir vetsug, hoë bloeddruk, hartaanvalle, tipe II-diabetes en beroerte. Dit kom deesdae so algemeen voor, dat dit in talle lande die hoof oorsaak vir sterftes is.

Dit is waar – mense sterf in hordes daarvan en in die meeste gevalle, word dit veroorsaak deur heeltemal voorkombare, sogenaamde lewenstylsiektes. En tog aanvaar ons dit asof dit normaal is. Wel, dit is nie normaal nie. Geensins nie. Veral nie as jy in ag neem dat daardie siektes aan die begin van die 20ste eeu so skaars soos hoendertande was nie.

Die medici stem blykbaar nie saam oor die onderliggende oorsaak nie, alhoewel die wetenskap klinkklare bewyse daarvoor het. En die  feite spreek vir hulself.

My idee is dat die magtige drukgroep, die voedselbedryf – d.w.s. die biljoen dollar-industrie van fabrieks- en voorafvervaardigde voedsel – sekerlik iets daarmee te doen het. Die gemiddelde mens soos ek en jy sukkel om toegang tot die feite te kry.

In 1977 het die Amerikaanse voedsel- en dwelm Administrasie kolesterol die grootste vyand van die publiek verklaar. Hulle het aanbeveel dat ons ‘n lae-vet dieet volg, en ons het dit almal basies begin navolg. Maar weet jy, sedertdien het die wêreld se mense, eenvoudig vetter en vetter geword en daardie voorkombare siektes wat ek vroeër genoem het, het die hoogte ingeskiet.

Ek het gesien hoe my pa aan diabetes sterf, en dit was ‘n verskriklike dood en traumaties om te sien hoe sy liggaam wegkwyn.

As jy meer wil leer, sluit by my aan vir ‘n halfuur-TV-onderhoud met professor Tim Noakes by 25kgs.com. Jy kan ook die gratis e-boekie “My Top Three Secrets for Losing 25 kgs” aflaai.

In Spreuke 30: 7,8  staan: … moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en sê: “Wie is die Here?” nie…

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge