... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit is wel met my Siel (4)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Tessalonisense 3:16 Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Listen to the radio broadcast of

Dit is wel met my Siel (4)


Download audio file

Al te dikwels, wanneer ‘n ramp ons tref en wanneer ons as gevolg daarvan ly, roep ons na God en smeek Hom om die pyn te stop en ons van die lyding te verlos, sonder om Hom te vra, wat Sy doel daarmee is.

Die afgelope paar dae het ons vers vir vers deur die pragtige halleluja lied: It is well with my soul gewerk. Soos ek dit reeds genoem het, is dit geskryf deur Horatio Spafford, ‘n suksesvolle prokureur en ryk eiendomsbelegger. Sy besigheid is in 1871 heeltemal deur die Groot Chicago-brand en die ekonomiese ineenstorting wat daarop gevolg het, vernietig.

Op hierdie stadium het hy reeds sy seun aan die dood verloor. Hy besluit toe om God voltyds te dien deur D.L. Moody in sy evangelisasieveldtogte in Engeland te help. Hy het sy vrou en vier dogters per boot vooruit na Engeland gestuur, aangesien hy nog van sy sake moes afgehandel. 

Maar toe tref ‘n ramp – die skip sink en al vier dogters sterf, net sy vrou, Anna, oorleef. Daar was ondenkbare hartseer! Al het hy hoe hard gebid, kon hy nie daardie gebeure ongedaan maak nie. Tog kon hy op sy hartseer alleenreis oor die Atlantiese Oseaan hierdie woorde neerpen:

Voortaan is dit Christus, ja, Christus alleen,

 selfs waar ek in droefheid moet kniel;

 geen stryd is te swaar nie, in lewe en dood

 bly my Heiland die troos van my siel

Horatio het ontdek dat wanneer ons Christus ons alles maak, dit nie saak maak watter teëspoed ons tref nie, Jesus is daar om sy vrede vir ons te gee. 

2 Tessalonisense 3:16 Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

En dit is my gebed vir jou vandag dat jy in Christus geen angs sal ervaar nie en dat Hy sy vrede in jou siel sal uitstort, wat jy ook al mag oorkom. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.